Inleiding
Ons leef in 'n tyd waar "goeters" vreeslik belangrik geword het. Meeste van ons spandeer al ons energie / tyd / gedagtes aan die rotresies om ons materiële lewe in stand te hou. Ons kan nie wag vir die "upgrade" van ons selfone om die nuutste / beste / grootste te hê nie. Ons is meesters om onsself (en ander) te oortuig waarom ons moes "upgrade" na die nuutste / groter model kar.
Ongelukkig dra die moderne bemarkingsmetodes daartoe by dat ons val vir hierdie "leuen" van die duiwel - dat ons lewe lekker en beter sal wees as ons meer het. Die advertensies skep dikwels 'n behoefte wat onsself nie eers geweet het ons het nie. Die "tele-marketing" smeer produkte aan ons af wat ons nie nodig het nie; of val jou letterlik aan dat jy nou só “stupid” kan wees om nee te sê vir die produk wat hulle pas aan jou wou verkoop.
Al gewonder hoekom kettingwinkels gereeld hulle rak-plasings verander - iets wat my grensloos kan irriteer as ek doelgerig na ‘n rak stap om “charcoal en Blitz” te gaan koop, en die rak se plasing het van gang 2 na gang 8 verander. Hulle doen dit sodat jy net dalk iets sien op die ou plek wat jy dan ook koop.
Daar’s ‘n advertensie wat spot met die "less is more" beginsel en eindig met die woorde: "maybe more ís more".
Interresante paar opmerkinge op ‘n internet-blad (37signals) :
==> “Less is More” implies that more is better. It’s not. Less is less. Less is just right. Less is better.
==>; I’d rather be able to get by on less money and have less money. ... So, yeah, less is less is true with money also.
==> The point being you should maximize profit by minimizing waste so you put yourself in the position of wisely using the fruit of your labor instead of scrounging for fruit.
==> I agree that being able to live on less is a good thing, but that doesn’t mean you should make less. Make more then use it to help people.
==> How about, “less is more less than more.”
==> If you have too much money, you can choose give it away. If you have too little, you have no choice but to starve. So forget less and more. Think Occam’s Razor. Think enough.
==> “Less is more” is ...(rubbish), because it implies that we’re still actually going after “more.” My own solution to it was a completely different state, which I believe, communicates the point more effectively: More from less
==> Do more with less - Howzat?
Wat sê die Bybel?
In ‘n poging om antwoorde te soek, het ek die volgende klompie verse (nie naastenby alles oor die onderwerp nie) opgespoor:
Mat 6:19-21, 24
Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. ... Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Mat 6:19). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- Maak vir jou skatte bymekaar in die hemel. Daar is geen "hijackers" nie; daar kan dit nie verniel en waarde verloor nie; daar het jy nie sekuriteit nodig om dit te beskerm nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
- Al gewonder hoeveel kos die sekuriteit ons? Neem 'n gemiddelde van R300/mnd vir 'n "Armed Response" diens, en 'n kleinerige dorpie se hoeveelheid huise, kom ons sê 2000. Dan beloop 'n klein dorpie se sekuriteits-omset R600,000 per maand.
- Maar ek kan nie my kar en my huis in die hemel bêre nie. Wat beteken dit dan?
- Dit gaan dus daaroor dat ons ons energie / aandag / tyd moet fokus op "goeters" wat ewigheidswaarde het; soos my kinders, huwelik, familie, ouers, broers & susters, verhoudings. Die Bybel he tnie noodwendig 'n probleem met ons "goeters", soos ons karre en huise nie, maar wel oor die fokus, die energie waarmee ons daarmee besig is. Ons aardse "goeters" is dalk eerder tot ons beskikking om die Koninkryk daarmee te dien (sien latere verse).
Luk 12:13-21
13Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” 14Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” 15Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”
16Toe vertel Hy hulle ’n gelykenis: “’n Ryk man se grond het goed gedra. 17Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. 18Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. 19Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ 20Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ 21So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.” (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Lu 12:13). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- Dit wat ons op aarde bymekaar maak is nie ewig nie. Dit kan in ‘n oogwink verloor word; soos ons onlangs gesien het met die brande in Sabie waar ‘n hele saagmeule afgebrand het - die lewensonderhoud en hele lewe van talle mense.
- Dis ‘n valse sekuriteit om te dink die hoeveelheid bates of “goeters” sal my veiligheid / rustigheid / vreugde waarborg.
Eks 16:1-21
Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet. 16Die Here het beveel: Gaan maak dit bymekaar volgens elke gesin se behoefte, twee liter per kop. Elkeen moet vat volgens die getal mense in sy tent. 17Die Israeliete het dit toe gaan optel, die een baie en die ander ‘n bietjie, 18en toe hulle dit met ‘n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met ‘n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak. 19Moses het toe vir hulle gesê: Niemand mag iets daarvan laat oorskiet tot môreoggend nie. 20Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Ek 16:15). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- God sorg vir Sy volk. Dieselfde belofte kry ons in Mat 6:25-31.
- Genoeg!, wat hulle nodig gehad volgens elkeen se individuele behoefte. Nie oorvloed nie.
- Dit wat wou opgaar, het dit verloor.
Mat 19:16-24 – Ryk jong man
16Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” 17Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.” 18“Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra. Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, 19eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 20“Dit alles het ek nagekom,” het die jongman gesê. “In watter opsig skiet ek nog te kort?” 21Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” 22Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 23Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: ’n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. 24Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te kom as vir ’n ryke om in die koninkryk van God te kom.” (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Mat 19:16). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- Hoe meer jou lewe gefokus is op die “goeters” in jou lewe, hoe moeiliker is dit om te gee, om die hemelse skatte te soek, om God se beginsels na te kom.
- Ons het dalk die rykdom t.w.v. ander? God sorg vir ander / armes, nie deur geld uit die hemel te laat val nie, maar net dalk deur jóú beursie.
2 Kor 8:13-15 & Hand 4:34-35
13Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, 14moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. 15Daar staan ook geskrywe:
“Dié met baie, het nie
te veel gehad nie,
en dié met ’n bietjie,
nie te min nie.”
(Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (2 Kor 8:13). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
34Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring 35en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte. (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Han 4:34). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- Dit lyk asof God verkies dat daar balans in die gemeenskap moet wees.
- Ek het nog altyd gedink dat die VREESLIKE gaping tussen rykdom en armoede in ons land, in die wêreld sekerlik nie Bybels kan wees nie. Goed, almal is nie kinders van God nie, maar dan in ‘n gelofosgemeenskap kan dit sekerlik nie Bybels wees nie. Is dit nie die oorlog wat ons tans belef nie - die oorlog tussen die “have’s” en die “have not’s”?
- Mense werk in talle huise as hulpe vir vanaf R1,500/mnd terwyl een kruideniersware inkopie op ‘n Saterdag die totale maandelikse inkomste van so ‘n hulp kan verteenwoordig. Hoe moet dit vir so ‘n persoon voel om in ‘n huis te werk waar hulle maandelikse inkomste soms deur die kinders vermors word op luukshede?
- Ja, daar is talle argumente vir ongelykhede in opvoeding, IK, ambisie, luiheid ens. En ja, daar is sekerlik ook vele argumente vir en teen die “leer hom om ‘n vis te vang eerder as om hom 1 te gee”-beginsel van gee. Maar iets is iewers nie pluis nie?
- Dit bring ‘n mens dan by die ekonomiese bestel, waaroor daaroor rewolusies en oorlogte al gevoer is. Sosialisme of Kapitalisme, demokratiese-sosialisme, vrye-mark, kommunisme? Het iemand vir ons antwoorde hierop?
1 Tim 6:9-10
6Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. 9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (1 Ti 6:6). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- Geld het die vermoë om ‘n mens maklik in sy greep te kry.
- Is die wortel van vele kwaad. Hoeveel huwelike is nie al opgebreek t.w.v. / a.g.v. geld nie? Hoeveel mense is nie al bankkrot verklaar omdat hulle in goedertrou borg geteken het vir ander nie? Hoeveel mense is nie al uit al hul pensioengeld verneuk nie? Hoeveel is nie al vertrap, emosioneel geruïneer a.g.v. geld (en mag) nie? Sex, power & money.
Fil 4:11-13
11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. 13Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Fil 4:11). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
- ’n Mens moet die vermoë aanleer om vergenoegd te wees in jou omstandighede, dié wat jy nie kan verander / verbeter nie.
- Wie en wat ons is, lê in God se genade. Alles kom van God.
Slot
Punt is, dit lyk asof die Bybel iets vir ons wil sê oor
- ‘n balans in die wêreld. Die gaping tussen rykdom en armoede lyk wêreldwyd net te groot.
- gee, help die armes, weduwees en wees. Ons sal hulle immers altyd by ons hê.
- Fokus op die ewigheidswaarde-skatte, nie die goed wat “hijackers” so maklik vat nie.
- Pasop vir geldgierigheid, opgaar-sindroom. Dit kom soos ‘n dief in die nag.
- Kom ons leer ook, te midde van ons ambisie en harwerkendheid, om vergenoegd te wees.
- ”Travel lite”. Dalk is minder wel genoeg!
No comments:
Post a Comment