Dit lei nie die minste twyfel nie, dat die kerk se interne vertwyfeling oor die verstaan van die Skrif en die gesag daarvan, asook die meegaande etiese dilemmas waarin dit die kerk gedompel het (en die ontgogeling wat dit by lidmate tot gevolg het) begin het ná die kerk se omarming van die evolusieteorie as die juiste verstaan van die oorsprong van alle dinge.
Hierdie evolusionistiese voorveronderstelling het die Bybel op sy kop gekeer...
Wat bly dan oor? Is God sélf nie ook maar net ‘n verbygaande idee van ‘n evolverende mensdom nie? Is Hy bloot dit wat elkeen van ons van Hom wil maak? ...
Interressant omdat dit presies die konsekwensie-lyn is wat Wedergestorwe Christen (WC) gevolg het en inderdaad gekonkludeer het dat God nie bestaan nie (Gericke, JC. 2003. Does Yahweh exist? ...). Hy skryf dat hy 'n konserwatiewe, fundamentalistiese jong teologie student was wat, deur die loop van jare en studie, uiteindelik ontdek het dat God nie bestaan nie omdat (in kort), die OT te veel kontradiksionerende gegewens oor God bevat.
Johan Kriel maak dieselfde punt en wys in sy brief dat die konsekwente deurtrek van die argumente van die evolusieteorie ook uitkom by die bevraagtekening van God.
Deur dié evolusionistiese bril word God self ook die produk van ons verstaan van Hom, ...(Johan Kriel, Kerkbode 13/08/07)Dis inderdaad so, as ons 'n probleem met die skeppingsverhaal het,
- dan hoe gemaak met die uittog (600 000 mense deur die woestyn vir 40 jr?)
- hoe gemaak met die rooisee?
- Jona, die maagdelike geboorte van Jesus, en al die wonderwerke in die Bybel
- hoe gemaak met Jesus se opstanding (dit word alreeds weggeredeneer deur te sê dat dit nie fisies verstaan moet word nie)
- en die uiteinde dan, is God en Jesus en die Heilige Gees maar net fiktiewe karakters in die Bybelverhaal.
No comments:
Post a Comment