Rom 14 gee vir ons 'n paar aanduidings...
- Rom 14:1-4 : Aanvaar ander mense.
- Dit beteken in 'n sekere sin om ander hulle gang te laat gaan
- Gee ander die vryheid om anders te doen as wat ons doen; anders te dink ens. Moenie diegene verag wat groente eet nie; en vice versa; m.a.w. ander dinge doen as wat ons meen nie.
- Jy is spesiaal; laat ander toe om net so spesiaal te wees.
- Rom 14:5-8 : Gun die Here om ander se lewens te rig
- Dit kan alleen gebeur as ons nie aan ander voor skryf hoe om te leef / wat om te doen nie
- Moenie namens iemand besluit nie - laat hulle dit self doen
- Rom 14:9-12 : Ons is nie bevoeg om ander te oordeel nie
- Ons ken nie al die feite nie
- Ons ken nie al die motiewe nie
- Ons kan nie heeltemal objektief wees nie
- Ons ken nie die groter prentjie nie
- Ons is self onvolmaak
- Rom 14:13-18 : Om ander lief te hê
- Ons doelwit is om die Here te behaag. Dis niks anders as om ander lief te hê - onvoorwaardelik!
- Ek aanvaar jou dus omdat jy uniek is, nie omdat jy is soos ek is; of doen wat ek sê nie.
- Konsentreer op dinge wat vrede aanmoedig
- Die afbreek van ander doen aan God se werk skade
- Beoefen jou vryheid saam met dié wat dit saam met jou kan geniet
- Weier om "God" te speel in ander se lewe.
No comments:
Post a Comment